Nota: Hierdie beleid is alleenlik van toepassing op die oordrag van kommersiële visvangregte (totale toelaatbare vangste of totale toegepaste pogings). Dit het geen betrekking op die oordrag van bestaans-en kleinskaalse kommersiële visvang-, visprosseseringsinstellings-, mariene-kultuurregte (mariene waterkultuur), of ander nie­verbruikbare regte of permitte soos walvisbesigtigings vanaf bote en witdoodshaai-hokduik nie.
INHOUDSOPGAWE
Inleiding 3
Transformasie in die Visserybedryf 4
Oogmerk en Doelstellings van hierdie Beleid 5
Algemene Maatstawwe 6
Maatstawwe - Maatskappye en Beslote Korporasies 6
Maatstawwe - Gelyste Maatskappye 7
Maatstawwe -Individue 7
Oordrag van Aandele 8
Omskakeling vanaf 'n Beslote Korporasie na 'n Maatskappy en andersom 9
Afsluiting, Likwidasie of Sekwestrasie 10
Beslaglegging op Visvangreg 10
Weiering van Oordrag van Reg 10
Geen Moratorium 11
Duur van Reg 11
Visvangreg as Sekuriteit 12
Bestuur en Administrasie van die Oorgedraagte Reg 12
Fooie 12
Inleiding
Hierdie Konsepbeleid op die Oordrag van Kommersiële Visvangregte is deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme ("die Minister") uitgereik.
Hierdie beleid is alleenlik van toepassing op die oordrag van kommersiële visvangregte (die totale toelaatbare vangs of die totale toegepaste pogings). Dit het geen betrekking op die oordrag van bestaans-en kleinskaalse, kommersiële visvang-, visprosseseringsinstellings-, mariene-kultuurregte (mariene waterkultuur), of ander nie­verbruikbare regte of permitte soos walvisbesigtigings vanaf bote en witdoodshaai-hokduik nie.
Die oordrag van visvangregte word behandel onder seksie 21 van die Lewende Mariene Hulpbronne Wet, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998) ("die LMHW") wat voorsiening maak dat visvangregte oorgedra mag word indien die aansoek daarvoor by die Minister gemaak is en onderhewig is aan die goedkeuring en voorwaardes wat die Minister (of sy/haar afgevaardigde) mag bepaal. Dié beleid het ten doel om die voorwaardes wat die oorgdrag van visvangregte sal voorsê, uiteen te sit.
Die posisie betreffend die oordrag van visvangregte, na aanleiding van die toekenning van medium-termyn visvangregte, is uiteengesit in die Staatskennisgewing 1771 van 27 Julie 2001. Soos dit uiteengesit is in daardie Staatskennisgewing, sal aansoeke om die oordrag van visvangregte, oor die algemeen, nie gunstig oorweeg word binne die eerste twee jaar vanaf die datum waarop die Minister, of sy/haar afgevaardigde, die toewysing gemaak het nie. Die rede hiervoor was om "papierkwotas" te ontmoedig. Verder moes die volgende beleidsoorwegings in aanmerking geneem word wanneer die oordrag van 'n reg oorweeg word:
In hoeverre "papierkwota" houers geskep en uitgerek word;
Vervulling van Transformasie; en
Die graad waartoe redelike konsolidasie van, en stabilieit in, die visserybedryf bereik sal word.
Die Algemene Beleid op die Toekenning en Bestuur van Langtermyn Kommersiële Visvangregte: 2005 ("die Algemene Beleid") stel dit dat konsolidasie van visvangregte nodig is en dat die Minister gunstig na langtermyn konsolidasie sal kyk solank as wat die transformasie nie in die proses benadeel word nie. Die Algemene Beleid formuleer dit so:
Konsolidasie is ook nodig om die industrie te rasionaliseer, om ooreenstemming te verbeter en om die administratiewe laste en kostes vir die Departement en Regtehouers te verminder. Dit het tot gevolg dat die aantal entiteite, veral diegene wat dieselfde of soorgelyke aandeelhouers, uitvoerende bestuurspan en fisiese adres in 'n besondere industrie deel, verminder".
Die konsolidasie van Regtehouers word aangedryf deur die kommersiële werklikhede van die bestuur in 'n mededingende sektor wat onderhewig is aan die nukke van die markte en die ekonomiese tendense in die visserybedryf. Hierdie faktore sluit die brandstofprys, die afname in vangste en die veranderende wisslekoers in.
Dit is te verwagte dat sommige Regtehouers aansoek sal doen vir die oordrag van regte om sodoende met ander Regtehouers te konsolideer sodat hulle doeltreffendheid vehoog kan word. Daar is 'n hele paar redes waarom Regtehouers aansoek mag doen om 'n oordrag. Moontlike redes kan byvoorbeeld wees waar Regtehouers sekwestrasie of likwidasie in die gesig staar, om korporatiewe entiteite te herstruktureer, om nie-kern aktiwiteite af te skaal en in die geval van sommige individue, fisiese onbekwaamheid, sterfte of, doodeenvoudig, 'n wens om uit die visserybedryf te tree.
Hierdie beleid het ten doel om die vereistes vir die oordrag van visvangregte, in die tydperk onmiddellik volgend op die toekenning van langtermynregte, uiteen te sit..
Transformasie in die Visserybedryf
Die Departement het gestreef daarna om die die vlak van transformasie in die visserybedryf te verbeter. Die Departement wou dit doen onder die langtermynregte-toekenningsproses in 2001 en meer spesifiek tydens die langtermynregte­toekenningsproses van 2006.
Transformasie was 'n sleutelmaatstaf in die toekenning van visvangregte in die 2001 mediumtermynregte-toekenningsproses. Die beleidsriglyne wat die 2001 regte­toekenningsproses gevorm het, het geformuleer dat die visvangregte nie vir die eerste twee jaar van die duur van die reg oorgedra mag word nie. Dit is gedoen om te verseker dat die transformasievlakke van Regtehouers nie verminder nie. 'n Aantal toepassings vir oordragte van regte is voorgelê teen die einde van die vier jaar mediumtermynregte­toekenningsproses aangesien Regtehouers hulself begin voorberei het vir die langtermynregte-toekenningsproses. Hierdie aansoeke is grootliks voorgelê omdat Regtehouers begin besef het dat hulle gefaal het om te transformeer of om die startegieë wat in die 2001 regte-toekenningsproses opgeneem is, toe te pas en hulle het gevoel dat dit hulle kanse op die toekenning van 'n langtermynvisvangreg benadeel.
Die kommersiële visserye het, sedert 1994, aansienlik deur middel van twee prosesse getransformeer. Eerstens het Regtehouers wat korporatiewe entiteite is (beslote korporasies en maatskappye) getransformeer deur die oordrag van aandele na histories benadeelde individue wat daartoe gelei het dat swart eienaarskap van die entiteit vermeerder het. Tweedens is visvangregte aan nuwe toetredes toegeken wat grootliks getransformeer was.
Die Departement moet verlief neem dat die aansoek om 'n oordrag van 'n reg nie 'n manier vir ongetransformeerde aansoekers is om toegang tot die visvangregte te bekom nie, en sodoende die die doelwitte en beleide van die LMHW en die langtermynvisvangregte­toeknningsproses te ondermyn nie. Hierdie beleid gaan dus daarop uit om te waak teen die verflouing van transformasie in die bedryf.
Oogmerk en Doelstellings van hierdie Beleid
Hierdie beleid is daarop gemik om maatstawwe en vereistes vir die oordrag van visvangregte, in die tydperk onmiddellik na die toekenning van die langtermynregte, uiteen te sit. Die oordrag van kommersiële visvangregte mag ook die verbreding van ekonomiese geleenthede en deelname in die visvangbedryf fasiliteer.
Algemene Maatstawwe
Daar is twee breë beginsels wat oorweeg sal word in die assessering van aansoeke vir die oordrag van visvangregte. In die eerste plek, of die oordrag sal lei tot konsolidasie van Regtehouers en mag in die sektor al dan nie. Tweedens, die mate waarin swart eienaarskap van die totale toelaatbare vangs (TTV) en die totale toelaatbare poging (TTP) sal verander indien die oordrag goedgekeur word.
Maatstawwe - Maatskappye en Beslote Korporasies
'n Aansoek om 'n oordrag van 'n visvangreg na 'n bestaande Regtehouer in dieselfde sektor van die visserybedryf as die oordraer, sal oor die algemeen gunstig oorweeg word indien die transportnemer ten minste net so getransformeer is as wat die oordraer is. Dit is aangesien só 'n Regtehouer alreeds beoordeel en gemeet is in terme van die maatstawwe vir langtermynregte en dus bewys het dat hy:
toegang tot 'n geskikte visvangvaartuig het wat reeds in die visserybedryf is;
in die visserybedryf belê het;
nie aan 'n misdryf onder die Lewende Mariene Hulpbronne Wet, 1998 (Wet Nr. 18 van 1998) skuldig bevind is nie;
n geldige belastingklaringsertifikaat besit;
nie agterstallig met enige heffings, lisensiefooie of ander betalings, vangsopgawes of ander dokumentasie wat deur die Departement in terme van die betrokke permitvoorwaardes vereis word, is nie;
genoegsaam getransformeer is.
Waar die oordraer bewys kan lewer dat hy 'n ernstige poging aangewend het, maar nie daarin kon slaag om 'n Regtehouer in dieselfde sektor te kry wat ten minste net so getransformeer is as die oordraer, en wat die visvangreg wil bekom nie, sal oorweging geskenk word aan die volgende; soos uiteengesit in die rangorde wat hier onder volg:
'n Regtehouer in dieselfde sektor, alhoewel nie so getransformeer soos die oordraer nie;
'n Regtehouer in 'n ander sektor, maar in dieslefde kluster van die visserybedryf wat ten minste net so getransformeer as die oordraer is;
'n Regtehouer in 'n ander sektor, maar in dieselfde kluster van die visserybedryf;
'n onsuksesvolle aansoeker vir die langtermynregte-toekenningsproses;
in uitsonderlike gevalle, 'n individu/entiteit van buite die visserybedryf. 'n Volledige motivering moet voorsien word vir hierdie oordrag. In sulke gevalle moet die transportnemer ten minste net so getransformeer wees as wat die oordraer van die visvangreg is. Dit sal geassesseer word op grond van eienaarskap van aandele en bestuur van die transportnemer, maar ook met inagneming van die spesifieke maatstawwe vir die sektor soos uiteengesit in die betrokke visserybeleid.
Maatstawwe - Gelyste Maatskappye
In die geval van gelyste maatskappye, is 'n aansoek vir die oordrag van 'n reg nodig waar aandele in 'n enkel gedeelte verhandel word.
Maatstawwe -Individue
Daar is twee gevalle waar 'n individu 'n reg mag oordra:
na 'n beslote korporasie, slegs in die stokvis handlynsektor, waar die individu 50% of meer van 'n lid se belang in daardie beslote korporasie hou; of na 'n ander individu in die volgende visserye: Weskuskreef (naby aan die kuslyn), oester, witmossel, tradisionele lynvis, KZN-strandsleepnet, netvis en perlemoen (duikers). In hierdie geval mag 'n reg slegs oorgedra word aan die eggenoot/lewensmaat of afhanklike (in dieselfde huishouding of gesin) waar die Regtehouer afgesterf, of fisies onbekwaam is om die reg te gebruik. In uitsonderlike gevalle sal oorweging geskenk word aan oordrag van die reg na 'n persoon wat nie in dieselfde huishouding of gesin is nie, maar wel in dieselfde gemeenskap.
Die individuele transportnemer moet:
demonstreer dat hy/sy persoonlik die visvangreg sal gebruik deur self aanboord die visvangvaartuig te wees, of persoonlik die hulpbron sal oes;
afhanklik is van visvang as hoofbron van inkomste; en bewys gelewer het van historiese betrokkenheid by visvang.
Oordrag van Aandele
Die vervreemding van aandele/lidbelang in reghoudende entiteite word gesien as 'n verandering in eienaarskap en vereis daarom 'n oordrag van die reg. Die rede hiervoor is dat die verkoop of vervreemding van aandele/lidbelang kan oorgaan in die verandering van beheer wat 'n entiteit besit met gevolg dat die transformasiedoelstellings van die LMHW en die Departement ondermyn word. Juis as gevolg hiervan moet reghoudende entiteite wat van voorneme is om aandele/lidbelang in die reghoudende entiteit te verkoop of oor te dra, 'n aansoekvorm vir die oodrag van die reg indien.
Toestemming van die Departement word nie vereis as 10%, of minder, van die aandele/lidbelang oorgedra word nie, mits dit tot gevolg het dat daar 'n venadering in die beheer van die maatskappy of beslote korporasie is, dit wil sê dat so 'n oordrag veroorsaak dat daar 'n nuwe beherende aandeelhouer/lid is wat ten minste 51% van die aandele/lidbelang besit. Maar, sou dit nie die laasgenoemde tot gevolg hê nie, moet die oordraende Regtehouer steeds 'n aansoekvorm vir 'n oordrag voltooi en indien sodat die verandering in die aandeelhouding/lidbelang aangeteken kan word.
Die volgende sal oorweeg word wanneer 'n aansoek vir oordrag van meer as 10% van die lid se aandele/belang ingedien word:
Die verandering in eienaarskap van die totale aandeelhouding/lidbelang (ras en geslag) van die reghoudende entiteit;
Die aantal (persentasie) aandele/lidbelang wat oorgedra moet word;
Of die entiteit of persoon wat die aandele/lidbelang verkry 'n bestaande Regtehouer in die visserybedryf is en, indien wel, in watter sektor;
Die transportnemer se belegging in die visserybedryf;
Die transportnemer se werkverrigting in visvangste;
Of die die voorgestelde oordrag van aandele/lidbelang sal lei tot konsolidasie van Regtehouers, of 'n poging daartoe;
Of die voorgestelde oordrag van aandele sal lei tot die verandering van die beherende belang in die entiteit.
Omskakeling vanaf 'n Beslote Korporasie na 'n Maatskappy en andersom
'n Omskakeling vanaf 'n beslote korporasie na 'n maatskappy (of andersom) word gesien as 'n verandering van eienaarskap en vereis daarom 'n oordrag van regte in terme van seksie 21 van die LMHW en daarvolgens moet die Regtehouer 'n aansoek vir die oordrag van die reg indien.
Die oordrag sal goedgekeur word waar daar 'n direkte omskakeling van 'n beslote korporasie na 'n maatskappy, of andersom, is (geen verandering in aandeelhouding/ledebelang).
In gevalle waar daar wel 'n verandering in aandeelhouding is, sal die aansoek oorweeg word in terme van die seksie hierbo wat van toepassing is op die verandering van aandeelhouding/lidbelang.
Wanneer die finale opdrag vir likwidasie van 'n regspersoon, of sekwestrasie van 'n natuurlike persoon se boedel toegestaan word, sal die visvangreg na die Staat terugkeer. Geen aansoek vir oordrag van die reg sal toegstaan word nie.
Beslaglegging op Visvangregte
By die bestel van 'n lasbrief mag die Balju beslag lê op 'n visvangreg of permit in 'n poging om die oordeelskrediteur tevrede te stel. Dit word gedoen deur op die oorspronklike vergunning van reg of die permit wat deur die Regtehouer (of deur die Departement waar die permit uitgereik is, maar nognie afgehaal is nie) gehou word, beslag te lê. Die gevolg van so 'n beslaglegging is dat die Regtehouer nie in staat sal wees om vis te kan vang nie, aangesien dit 'n voorvereiste is dat die oorspronklike, geldige permit aanboord die vaartuig moet wees. Waar daar op 'n reg of permit beslag gelê is, sal die Departement die beslaglegging op sy rekords aanteken en verseker dat geen duplikaatreg of -permit uitgereik word nie.
n Reg wat in eksekusie van 'n bevel van 'n hof verkoop moet word, moet op 'n voorwaarde van opskorting wees, aangesien die Minister se goedkeuring benodig word alvorens die oordrag kan plaasvind. Die aansoek om so 'n oorplasing van reg moet aan die Departement voorgelê word vir oorweging en goedkeuring in terme van hierdie beleid.
Weiering van Oordrag van Reg
Oor die algemeen sal 'n oordrag in die volgende gevalle nie oorweeg of goedgekeur word nie:
die oordraer is nie 'n Suid-Afrikaanse persoon soos gedefinieer in seksie 1 van die LMHW nie;
die oordraer skuldig bevind is aan 'n misdryf onder die LMHW;
die oordraer agterstallig is met fooie en heffings aan die Departement;
daar bewys is dat die transportnemer 'n "papierkwota" is en nie direk by die vangs, of verwerking van die vangs, betrokke sal wees nie;
die uitkoms van die oordrag daarop dui dat dit nie sal oorgaan in 'n konsolidasie van Regtehouers of van 'n poging daartoe nie;
as, volgens die Minister se opinie, so 'n oordrag nie in die belang van die geskikte bestuur van die visserybedryf sal wees nie. Dit kan spruit uit omstandighede waar die oordrag mag lei tot onbehoorlike konsentrasie van regte in die hande van een of meer maatskappye. In so 'n geval mag die aansoek om oordrag van 'n visvangreg na die Bedingingsraad verwys word vir aanbeveling; en as 'n behoorlik voltooide aansoekvorm vir die oordrag van 'n reg nie saam met die aansoek ingehandig word nie.
Geen Moratorium n Aansoek om die oordrag van 'n visvangreg kan ter eniger tyd tydens die duur van die reg ingedien word.
Duur van die Reg
Visvangregte as Sekuriteit
Toestemming hoef nie van die Departement verkry te word indien die visvangreg gebruik word as bykomede sekuriteit of andersins belas word as sekuriteit vir 'n lening of as waarborg by 'n bank of finansiële instelling nie. Die inherente risiko by die goedkeuring van 'n lening of die sekuriteit van 'n visvangreg sal, onder andere, deur die volgende faktore bepaal word:
Of die Departement sal toelaat dat die visvangreg verkoop of oorgedra word op grond van hierdie beleid;
Dat die visvangreg ter eniger tyd teruggetrek kan word. Dit kan gebeur, nie slegs waar die Regtehouer 'n oortreding begaan het onder die LMHW nie, maar ook indien die Regtehouer nie die reg effektief aangewend het nie;
Die oorblywende tydperk van geldigheid van die visvangreg;
Of die Regtehouer geskwestreer of gelikwideer word.
Bestuur en Administrasie van die Oorgedraagte Reg
Die oordrag van 'n visvangreg is geldig vir die oorblywende gedeelte van die oorspronklike tydperk waarvoor die reg, onder die langtermynregte-toekenningsproses, toegestaan is.
Die oorgedraagte reg sal onderhewig wees aan visserye se bestuur en administrasie soos dit beskryf word in elk van die sektore van die kommersiële visserye se beleide. Die verpligtinge van die Regtehouer sal in terme wees van voorsienings wat gemaak word in die LMHW, Regulasies en permitvoorwaardes.
Fooie
Fooie betaalbaar vir die oordrag van 'n visvangreg sal wees soos wat in die Staatskoerant SK 878 van 2 September 2005 gepubliseer is, en soos van tyd tot tyd gewysig word in oorlegpleging met die Minister van Finansies.
